top of page
Photo from Jeannette De Wet.jpg

Proteapark
NG Gemeente

Ons is 'n geloofsgmeenskap wat groei
in die volheid van Jesus terwyl ons
Hom deel met almal.

Weeklikse Dienste By Proteapark

Sluit by ons aan vir tye van lofprysing, gebed en geestelike groei. Eredienste is Sondae om 9:00. Kinder- en kleuterkerk vind tydens die erediens plaas gedurende skoolkwartale. Aanddienste is om 18:00 gedurende skoolkwartale. 

Website content 1.png

Ons Bedieninge

By Proteapark NG Gemeente glo ons daaraan om mekaar te ondersteun en saam te groei in die volheid van Jesus Christus deur toegewyde bedieninge vir elke lid van ons gemeenskap.

IMG_20260510_094346.jpg
Kinderbediening

Ons skep 'n veilige en vreugdevolle omgewing waar kinders die liefde van Jesus kan ontdek deur stories en speletjies.

IMG-20260617-WA0011.jpg
Mannebediening

Ons mannebediening bied verskeie weeklikse geleenthede waar mans saam groei in hul geloof, mekaar ondersteun en saam dien in die gemeente en gemeenskap.

FB_IMG_1782730029167.jpg
Jeugbediening

Relevante gesprekke en aktiwiteite wat jongmense toerus om hul geloof uit te leef in 'n moderne wêreld.

FB_IMG_1782729928090.jpg
Vrouebediening

Ons vrouebediening skep warm ruimtes waar vroue saam groei in hul verhouding met Jesus, mekaar bemoedig en prakties omgee in die gemeente en gemeenskap.

Group Reading Together
Newfound bediening

Jong volwassenes kuier saam rondom God se Woord en gesels oor relevante onderwerpe wat bydra tot geloofsgroei.

IMG_20260522_102952.jpg
Seniorbediening

Ons senior bediening, Aksie Vlambaar, bied maandelikse saamkuier geleenthede vol pret, vriendskap en geloof. 

Gemeenskapsuitreik

Die Koskas

Die Koskasprojek is 'n omgee-inisiatief van Proteapark NG Gemeente wat daarop fokus om hoop te bring aan diegene in ons Rustenburg-gemeenskap wat dit die nodigste het. Ons verskaf noodsaaklike kospakkette en ander basiese lewensbehoeftes aan behoeftige gesinne om te verseker dat niemand honger gaan nie. Word 'n finansiële vennoot om by te dra tot die koskas of skakel Ds. EJ Leach indien jy self hulp benodig.

Koskas Advert.png

Jongste Nuus

Bly op hoogte met die nuutste verwikkelinge en aankondigings van Proteapark NG Gemeente.

Mancave Mondays

Een van ons mannedbediening aksies

Ons ontmoet elke Maandagaand 18:00 by die kerk om saam te eet en te kuier rondom 'n spesifieke tema. Dis 'n plek vir vriendskap en geestelike versterking. Enige ouderdom bo agtien is welkom. Jy kan maar net opdaag.

1000114460.jpg

Ons Gemeenskap in Beeld

Kyk na die oomblikke wat ons kerkfamilie definieer—van weeklikse eredienste tot spesiale gemeenskapsprojekte en feeste.

IMG_20260403_084947.jpg
IMG_20260405_101402.jpg
IMG_20260403_090743.jpg
FB_IMG_1782729281297.jpg
bottom of page