Sondagoggend 09:00
Ons oggenddiens is meer formeel. Die samesang bestaan uit ‘n meer hedendaagse begeleiding deur sangers en ‘n orkes. Ons kleuter– en kinderbediening vind plaas in die Teatro. Interaktiewe leermetodes word gebruik om tradisionele lesse te gee. Kinders word gehelp om lewegewende water te wees in hulle wêreld.
Sondagaand 18:00
Ons aanddiens is meer informeel waarby veral jongmense, jong volwassenes en gesinne aanklank vind. Die boodskap en inhoud is van soortgelyke gehalte as tydens die oggenddiens. Ons tienerbediening en belydenisklas vind gewoonlik na die aanddiens plaas.
Kinderbediening in Teatro: 09:00
Waar kan jy betrokke raak?
Ons benodig altyd hulp tydens oggend– en aanddienste
Ons is altyd opsoek na musikante wat kan help met begeleiding: Juan van der Walt
Tegniese kennis om die rekenaar of klankbord te kan beman: Juan Koen (jy ontvang ook die nodige opleiding)
Gasvryheid (ontmoet mense by die deure op ‘n Sondag): Koos Erasmus
Kollekte opneem en Nagmaalbediening: Christo Malan
Jeugleiers en groepleiers: Meiring De Wet, Johan Van Staden of Anja Pienaar