blog1
Klank En Beeld

Daar word in die kerk van oorhoofse projektors en skerms gebruik gemaak. Hierdie diens word gebruik vir al die vooraf aankondigings asook belangrike “PowerPoint”-aanbiedings. Verder word al die liedere wat gesing word op die skerms geprojekteer, asook die Skriflesing wat deur die leraar in sy preek gebruik word. Visuele beelde word ook geprojekteer om die preek sterker uit te beeld. Die rekenaar wat die beeld na die projektor en skerms beheer moet dus met elke diens en funksie beman word.

Indien jy betrokke wil raak by hierdie bediening kontak vir Eduard Bosman by: 071 422 0270