blog1
KLEIN GROEPE

Aksie Vlambaar

Aksie Vlambaar is ‘n aksie vir afgetredenes. Dis ‘n heerlike en ontspanne manier om by mekaar betrokke te wees. Ons vergader elke derde Vrydag van die maand, om 10uur by die kerk. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Santjie van Rensburg (083 452 9339).

Bybelskool

Ons praat oor die inhoud en betekenis van die verksillende Bybelboeke. Byeenkomste vind Maandagaande tussen 19:00 en 20:00 plaas. As jy meer van die Here se Woord wil leer, kontak gerus vir Dr Deon.

Selgroepe

Gelowiges kan in kleingroepe bymekaar kom om saam Bybelstudie te doen en mekaar geestelik op die bou. Kontak gerus vir Hennie de Kock (083 417 4460) vir meer besonderhede.

Vroue Bybelstudie

Indiepte Bybelstudie vir vroue vind elke Woensdag tussen 09:00 en 10:00 plaas. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Mari Bezuidenhout (082 393 6083).

Mans Bybelstudie

Indiepte Bybelstudie vir mans vind elke Vrydagoggend om 05:30 plaas. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Ronnie Newham (083 455 1368).

Spesiale Geleenthede vir Mans en Vroue

Dis die ideale geleentheid vir ons gemeentelede om lekker saam te kuier en geestelik saam te groei. Gewoonlik nooi ons ‘n spreker wat daarop toespits om jou lewe geestelik aan te raak. Hou gerus kommunikasie dop vir verdere besonderhede..

Gebedsgeleenthede vir Mans

Ons manne bid gereeld op ‘n Woensdagoggend om 06:30 saam by die kerk. Indien jy wil deel word, kontak gerus vir Martin Stander (083 455 2253). Die DKW-groep kom saam om 07:00 olv ds Willem.

Kampers

Ons het ‘n groep kampers wat gereeld saam kamp. Indien jy of jou gesin lief is vir kampering—karavaan of tent—kontak gerus vir Hennie de Kock (083 417 4460).

blog1
blog1