Gedenktuin

NG Proteapark Gedenksteenmuur:

1. ‘n Nis word verkoop teen R 1000,00 stuk. Die prys sluit in: die ‘graffie’ en granietsteentjie. Die ‘graffie’ se afmetings is 24cm lank, 21cm breed.

2. Die granietsteentjie: die bewoording met gravering daarvan, die terugplasing daarvan in die Gedenkmuur (datum ens.) word behartig deur Johannes Strydom van Elba Gedenkstene.

Sy kontakbesonderhede is: 014 597 14 83 (kantoor); 014 592 3555 (faks); 083 456 3974 (selfoonnommer); elbamemworldonline.co.za (epos).

3. Toegang tot die Gedenkmuur is Adminkantoor ure en eredienstye. Enige ander tyd moet met die Fasiliteitbestuurder vooraf gereël word.